Kêrel kry 20 jaar vir moord

RIETFONTEIN – Vugel Phillipus (21) is op 6 Augustus 2019 skuldig bevind en gevonnis tot 20 jaar gevangenisstraf vir die moord op Geraldine Williams (20) en ses maande vir aanranding.

Die kêrel van die oorledene het haar op 16 Desember 2018 by sy tante se huis aangerand en toe die polisie gekontak is, het hy van die toneel gevlug. Hy het later teruggekom en haar drie keer in haar rug en bors gesteek.

Die cluster-bevelvoerder van ZF Mgcawu, brig. Johny Besnaar, het gesê: “Vrouemishandeling en kindermishandeling sal nie geduld word nie en ons sal aktief werk om te verseker dat alle oortreders boet vir hulle dade.” Hy het die ondersoekbeampte, sers. Gerald Titus, wat nog nuut op die speurveld is, vir goeie werk geprys, sowel as die takbevelvoerder Gabrielle Matthys vir sy leiding.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: