GALESHEWE – Die Kimberley-blitspatrollie het oom Bushy Oliver, wat bekend is by Griekwas-rugby, se rooi Toyota Corolla, wat by die New Park-inkopiesentrum gesteel is, teruggekry.
Lt.-kol. Dimakatso Mooi, woordvoerder vir die Galeshewe-polisie, sê die voertuig is Sondagaand in Riemvasmaak in Galeshewe gevind.
Die polisie het later dieselfde aand ook ’n wit Ford Bantam teruggekry.
Geen verdagtes is dusver in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.
Lees ons vorige berig, Bushy se Toyota by New Park-inkopiesentrum weg.





