Gedenklesing vir vrouemaand

KIMBERLEY. – Mnr. McCollen Jack, die LUR vir onderwys in die Noord-Kaap, het vandag ’n vrouemaand-gedenklesing gelewer en gesê dit is die vroue se dag. “You strike a woman, you strike a rock.”

Trots

In sy toespraak het hy gesê hulle is trots op die rol wat die regering die afgelope 25 jaar gespeel het om die stryd van vroue te bevorder.
“Die lot van die vrou is gekoppel aan die man. Dit is belangrik dat ons ons begrip van geslagsverhoudinge duidelik maak. Dit is noodsaaklik om geslagsonderdrukking te verstaan en strategieë te ontwikkel om hierdie vorm van onderdrukking uit te wis.”

Hy het ook gesê dit is 101 jaar sedert die ontstaan van die Bantoevroueliga en 101 jaar sedert die geboorte van die groot staatmaker van ons beweging, Mama Albertina Sisulu.

Buitengewone pad van vrouens

“Ons noem nie hierdie historiese gebeure net as ‘n herinnering aan die buitengewone pad wat die vrouens in ons land geloop het deur dekades van onderdrukking, diskriminasie en uitbuiting nie.

“Ons vier hierdie historiese gebeure nie net om die uitstekende bydraes wat miljoene vroue gelewer het tot die bereiking van ons nie-rassige en nie-seksistiese demokrasie, te prys nie.

“Ons gedenk hierdie historiese gebeure sodat ons daaraan herinner kan word as ons na die toekoms kyk – hoe groot die uitdagings wat ons ook al in die gesig mag staar, hoe moeilik die probleme wat ons moet oorkom, is – deur saam te werk – vroue en mans, jonk en oud, swart en wit – sal ons seëvier.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: