Skooldogter (14) se liggaam, met veelvuldige steekwonde, in veld gevind

UPINGTON – Die polisie op Upington ondersoek ’n saak van moord, nadat die liggaam van ’n leerder (14) in ’n oop veld naby Belview en Rosedale in Upington gevind.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder vir die polisie in die Noord-Kaap, sê die liggaam is op 12 Augustus deur ’n persoon, wat hout in die veld bymekaargemaak het, ontdek en die polisie is ontbied. Haar liggaam het veelvuldige steekwonde gehad.

Die 14-jarige tienermeisie is laaste op Sondag 11 Augustus by ’n kerkdiens in die gebied gesien. Die oorledene was ’n leerder van ’n skool in Rosedale.

Geen arrestasies is tot dusver gemaak nie. Die polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap vir meer inligting. Persone met inligting kan Lebogang Tonyane, die ondersoekbeampte, by 054 3370 113 of 078 1301 234 skakel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: