Vermiste bejaarde word gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

KAGISHO. – Die polisie doen ’n beroep op die gemeenskap om hulle te help met die opspoor van Lindani Joseph Khumalo.

Lindani (75) is op 22 Julie 2018 deur sy niggie by die Kagisho-polisiekantoor as vermis aangemeld.

Sers. Majang Skalkie sê Lindani is op 20 Julie 2018 omstreeks 09:00 laas by sy woonplek in Kagisho gesien.

“Hy is laas gesien in ’n swart baadjie, ’n rooi sweetpakbroek, ‘n T-hemp en swart pet. Hy het ’n gemiddelde liggaamsbou, het swartgrys hare, ‘n wit-en-bruin snor en is donker van gelaatskleur.”

Enigiemand wat inligting het oor waar hy hom bevind, word versoek om Bunga Ranelo, ondersoekbeampte by die Kagisho-polisiekantoor, te kontak by 082 469 0179.

“Alle inligting wat ontvang word, sal as streng vertroulik hanteer word.”