Rovic maak self veld skoon

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Rovic Nood-Kaap is tans besig om die perseel voor die besigheid skoon te maak.

Mike Louw, die takbestuurder in Kimberley, het vandag drie van sy mense geneem om die veld skoon te maak. “Daar was ’n groot hoop sand en ‘n klomp bosse, so ons maak dit nou skoon sodat mense die besigheid kan sien.”

Dit is nou die eerste keer dat hulle die area skoonmaak, maar beplan om dit gereeld te doen. “Dit verbeter die voorkoms van die besigheid en help die verbygangers om voertuie te sien aankom.”

Nico Gouws, ’n prokureur, het die TLB (skraper) wat hulle vandag gebruik vir hulle geleen. “Sy TLB was by ons vir ’n diens en toe stem hy in dat ons hom leen vir die dag.”

“Ons beplan om Maandag ook die hoek van Hendrik van der Bijlstraat skoon te maak, omdat die bosse so hoog is en dit moeilik maak om die aankomende verkeer te sien.”