Tienermeisie op Warrenton gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Wiona Geldenhuys (18) wat na bewering sedert gisteroggend vermis was, is gevind.

Natasha Smith, haar ma, het aan FiND iT bevestig haar dogter is veilig. “My vriendin, Estee Neethling, het vanmiddag Warrenton toe gery en my dogter daar gaan haal. Wiona het vir Estee ’n boodskap gestuur met inligting waar om haar op te laai.”

Sy was na bewering by Joseph Weber. “Ek ken glad nie die persoon nie en weet  nie hoe oud hy is nie,” sê Natasha.

“Wiona wil wel nie huis toe kom nie, maar gelukkig is sy veilig en by mense wat ek ken.”