Natasha Smith, Wiona Geldenhuys se ma, het vanoggend by die polisiekantoor ’n saak vir ’n vermiste persoon oopgemaak, omdat sy nie glo haar kind is werklik op Warrenton nie.
Wiona (18) word sedert gisteroggend vermis nadat sy vir haar sussie gesê het sy gaan kafee toe en nooit teruggekom het nie. Wiona het aan FiND iT gesê haar ma en pa weet waar sy is.
“Sy sê sy is op Warrenton, maar ek verstaan nie hoe sy daar gekom het nie. Sy het geen geld gehad nie,” sê Natasha. “Sy het ook voice notes vir ’n paar mense gestuur, maar haar stories stem nie ooreen nie. Dan sê Wiona sy is by Roelien Badenhorst, wat ek glad nie ken nie, maar dan is sy weer by ’n JJ.”
FiND iT het gisteraand vir Wiona gekontak. Sy het aan FiND iT gesê sy is veilig by ’n tannie saam met wie sy inkopies gedoen het. “Ek is veilig. Ek is nie vermis nie,” het Wiona gesê.
Natasha sê Wiona se foon is sedert gisteraand na 20:00 afgeskakel. “Ek is doodbekommerd oor my kind. Ek het nog niks van haar gehoor nie en sy antwoord nie die foon as ek haar bel nie.
“Ek is tans by die polisiekantoor om ’n saak van ’n vermiste persoon oop te maak. Alhoewel sy 18 jaar oud is, is sy steeds in my sorg tot sy die huis verlaat. Ek bly verantwoordelik vir haar.” Sy sê Wiona het nog nooit net weggeloop van die huis af nie.
Indien enigiemand inligting het wat kan help om vir Wiona op te spoor, kontak asseblief vir Natasha by 074 706 2732.



