Die Elizabeth Conradie-skool hou Vrydagaand, 2 Augustus 2019, ’n sop- en sjerrie-aand ten bate van hul dramaklas se toer na Johannesburg.
Juf. Lydia Barnett (49), wat die dramajuffrou by die skool is, sê hulle het nog net ’n handjievol kaartjies oor om te verkoop. “Dit kos R80 per kaartjie. Die gr. 7 tot 11-dramaleerders gaan ook optree vir die mense wat die aand bywoon.
Sy sê die dramaleerders het ook hulle eie stryd. “Sommige van die leerders is outisties of het ADHD. Daar is ook van die leerders wat diabetes het of aan epileptiese aanvalle lei.”
“Ons neem die 17 dramaleerders na Johannesburg, waar ons Gold Reef City gaan besoek en ook die Sarafina-optrede gaan bywoon. Ons vertrek Saterdagoggend en kom weer Sondag terug.”



