Jy kan vanaand ‘n stewige bak hoenderbredie, propvol heerlike hoenderstukke, appelkose en rissies geniet. Niks is soos trooskos soos hierdie heerlike hoenderbredie op ‘n koue wintersaand nie.
Bestanddele:
- 2 groot preie (goed afgespoel en in skywe gesny)
- bietjie botter
- 3 eetlepels olyfolie
- 8 hoenderdye
- 330 ml appelassyn
- 200 ml hoenderaftreksel
- 2 teelepels gedroogde, gemengde kruie
- 400g pot Peppadew Piquanté-peper- en knoffelpastasous
- 300g babawortels
- 2 eetlepels gedroogde appelkose gekap
Metode:
- Soteer die preie in die botter en olyfolie tot sag.
- Braai die hoenderstukke in ‘n swartboompot.
- Voeg die preie, appelasyn, hoenderaftreksel, kruie en Peppadew Piquanté-peper- en knoffelpastasous by die hoender. Laat 40 minute prut.
- Voeg die wortels en appelkose by en kook nog 10 minute. Verdik die sous. Indien verkies, pas die geurmiddels aan. Bedien met rys of pap.



