DOUGLAS – Drie verdagtes is net buite Douglas in hegtenis geneem nadat hulle na bewering R20 000 se koperkabels by ’n nabygeleë plaas gesteel het.
Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie in die Noord-Kaap, sê die verdagtes is ongeveer middernag, 10 km buite Douglas in ’n silwer Toyota Corolla deur die buurtwag gewaar.
Die buurtwag het die motor gestop en van die verdagtes het in die veld in weggehardloop. Hulle het vlugtig opgetree en het drie van die verdagtes gevang. Die polisie is vir bystand ontbied.
Die polisie het ’n rol koper en die voertuig, wat in die misdaad gebruik was, gekonfiskeer.



