Boshof-plaasmoord verdagtes bly in aanhouding

Deel hierdie storie / Share this story

BOSHOF. – Die vier verdagtes wat vandag vir die moorde op die egpaar van Boshof, Sakkie (67) en Ina (62) van der Berg in die landdroshof hier verskyn het, se saak is tot 30 September uitgestel. Twee van die verdagtes het versoek dat geen foto’s van hulle geneem of gepubliseer moet word nie.

Johan de Vries, die staatsaanklaer, sê die vier verdagtes, Johannes Sekgoro, Leepile Daniel Sidasie, Dankel Tsekiso Seloane en Thami Terrence Kat, is borgtog geweier. Hy sê daar is tans 10 klagtes teen die verdagtes.

“Ons kan sien hoe die regstelsel ons faal wanneer ons kyk na beskuldigde 3 en 4 wat nog vir vorige misdade op parool is,” sê Kobus van der Berg van die VF+ in Kimberley.”

Die landdros, mnr. Khumalo, het twee van die verdagtes se aansoeke, wat die media verbied om hulle foto’s of video’s te publiseer, goedgekeur.

Die verdagtes bly in aanhouding en die saak is vir verdere ondersoek uitgestel.

Lees die die vorige berig: Bejaardes buite Boshof vermoor.