Beaconsfield-kliniek vandag nie toe nie

Deel hierdie storie / Share this story

Volgens gerugte is Beaconsfield-kliniek vandag gesluit omdat ‘n pasiënt vermoedlik ‘n geweer op personeel gerig het.

FiND iT het ondersoek ingestel en Suster Weideman het bevestig dat dié kliniek nie toe is nie, maar dat ‘n pasiënt sy humeur verloor het omdat hy nie wou wag nie. “Hy het nie ‘n geweer gehad nie. Hy wou net die langer wag nie,” sê sy.

Daar is wagte by die hek geplaas om te verhoed dat so iets weer gebeur of dat dié persoon kan terugkeer. Die kliniek is steeds oop vir pasiënte.