Stap teen misdaad

Deel hierdie storie / Share this story

GALESHEWE. – Gemeenskapslede van Galeshewe is raadop oor al die misdaad wat plaasvind en het besluit om deur Galeshewe te stap om hulle ongelukkigheid te weerspieël.

Die stap word die Silent March genoem en begin op 25 Julie 2019 om 17:00.

Die gemeenskapslede moet in swart geklee wees en kaalvoet by die sirkel bymekaarkom. Dit sal by die Witdam-polisiekantoor eindig.

’n Anonieme leser sê hulle verwag baie mense en almal is welkom om deel te wees daarvan.