Man gekaap en in been geskiet

KIMBERLEY. – ‘n Man is vanoggend na bewering hier in Hullstraat geskiet.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die man het ongeveer 05:15 in Hullstraat afgery toe hy sien die pad is met klippe toegepak.

“Hy het gestop omdat hy gesien het die pad word versper. Drie mans het na bewering sy bakkie bestorm, ingespring en hom met ‘n vuurwapen gedreig.”

Kock sê die verdagtes het na bewering die man forseer om in die rigting van die N12-noord te ry. “Hy is in sy linkerbeen geskiet. Die verdagtes het uitgespring en met ‘n onbekende bedrag geld en die slagoffer se selfoon gevlug.”

Kock sê ‘n saak van motorkaping, poging tot moord en gewapende roof word ondersoek.

Enigiemand met inligting, kan kapt. Basil Buys by 082 495 5404 of konst. Kagisho Thuys by 082 469 2064 bel.

1 thought on “Man gekaap en in been geskiet

  1. Die slagoffer se verdienste loon. Wanneer wil mense LEER om NIE stil te hou NIE, wanneer ‘n pad versper is met voorwerpe??? Draai om met ‘n spoed en gee pad!!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: