Vier mans op Hartswater gearresteer

Deel hierdie storie / Share this story

HARTSWATER. – Verskeie eenhede van die SAPD het die naweek op Hartswater vyf mans vir die hantering van dwelms, huisbraak en diefstal in hegtenis geneem.

Hulle het Vrydagoggend vroeg vier mans by hulle huise gearresteer, waar hulle op 225 Mandrax-tablette, 29.49 gram tik, 2.35 gram heroïen en khat afgekom het. Die beraamde straatwaarde is R20 000. Die mans is in hegtenis geneem vir die hantering van dwelms.

’n Man is in hegtenis geneem vir huisbraak en diefstal wat in Junie 2019 op Warrenton plaasgevind het

Die vyf verdagtes sal binnekort in die hof verskyn. Die ondersoek duur voort.