KIMBERLEY – Die gr. 5D-klas by Laerskool Newton het ’n groot dubbelbedkombers vir Mandeladag, 18 Julie 2019. gebrei. Hierdie kombers is aan iemand in nood gegee.
Marlene Olivier, die wetenskapjuffrou by die skool, sê hulle het hierdie projek gekies omdat die leerders ’n vaardigheid aanleer en dit terselfdertyd ook ’n goeie daad is.
“Al die leerders in die klas het iets gedoen. Party leerders het gehekel en ander het gebrei. Leerders het ook met ’n tolletjie gebrei.”
Sy sê hulle doen tans ’n module oor die verskillende materiale en metale en hoe dit verwerk kan word en daarom was hierdie projek vir haar so gepas.
“Die kombers is reeds aan iemand oorhandig wat dit baie nodig gehad het,” sê sy.




