Drie oorlede in ongeluk op N12

’n Ongeluk, sowat 60 km buite Kimberley op die N12 na Kaapstad, het die lewe van drie insittendes geëis. ’n Kind is een van die oorledenes.

’n Bakkie met ’n waentjie se wiel het vermoedelik gebars en het omgeslaan.

Daar was altesaam 11 mense in en agterop die bakkie. Drie mense is oorlede, waarvan een seuntjie van sowat vyf jaar oud. Daar was altesaam vyf kinders in die ongeluk.

Albert Hensberg, bestuurder van ER24, het bevestig die insittendes is na die Robert Sobukwe-hospitaal in Kimberley vervoer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: