Elf van landbouskool gaan speel oorsee

Elf rugbyspelers van die Hoër Landbouskool Jacobsdal is na afloop van toernooie gedurende die vakansie gekies om na Italië en Dubai te toer.

Die skool spog met sewe spelers wat in die ITEC-plattelandspan ingesluit is wat in September na Italië toer, waar hulle teen topklubs gaan speel.

Foto: Nico Hendrikz, Hannes Marais, Damien Erasmus, Elwid Kruger, Pierre Malan, Pieter Grobbelaar, Jesse Isemonger (afwesig in foto)

Marko du Plooy is in die ITEC-plattelandspan, wat tydens die Desembervakansie aan die HSBC-sewestoernooi in Dubai gaan deelneem, ingesluit.

Foto: Marko du Preez

Daar is ook drie o/16-spelers wat in die o/16 ITEC-plattelandspan, wat tydens die Desembervakansie na Italië gaan toer, ingesluit is.

Foto: Wian Botma, Dandre Oosthuizen, Juan Viljoen

Die o/19-span wat aan die VKB Reitzweek deelgeneem het, het in die finaal verloor. Hulle het die sewestoernooi gewen. Die Suid-Vrystaat se o/16-span het vyfde geëindig in die VKB-toernooi in Frankfort.

Sue-Mari Strydom, die sportorganiseerder by die landbouskool, sê die spanne het goeie kompetisie gehad en het uitsonderlike prestasies gelewer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: