Skenking vir Sally Aucamp

Deel hierdie storie / Share this story

Sally Aucamp-tehuis in Cassandra het vanmiddag ‘n welkome donasie kos van die Lodge Union of Athole 591 SC ontvang.

Derrick Beangstrom en Rudi Dreyer van die Lodge het onder meer macaroni, wors, brood, hoenderfilette, uie, tamaties, soppoeier, koffie en suiker, patats, wortels en nog meer gekoop en vanmiddag gaan afgee.

“Ons skenk jaarliks geld aan Sally Aucamp, maar het dit goed gedink om nou vir hulle kos, wat hulle nodig het, te bring,” sê Derrick.

Evie Brevis, die matrone by Sally Aucamp, sê die jongste inwoner by die tehuis is 18 jaar oud en die oudste is 76 jaar oud. “Ons is ongelooflik bevoorreg dat mense nog omgee vir ons en lief is vir ons. Ek kan nie genoeg dankie sê nie.”

“Ons het skenkings ontvang sedert ons die mobiele sopkombuis die naweek gehou het. Oopsy Daisy het vir ons 10 liter hoenderaftreksel geskenk vir die volgende sopkombuis wat ons beplan. Ons is baie gelukkig,” sê Rudi.