KIMBERLEY: NOORD-KAAP – Die SAPD se provinsiale waakeenheid in Kimberley het twee mans gearresteer omdat hulle vermoedelik gesteelde goedere in Gemdene, Kimberley, gehad het. Op Dinsdag 25 Junie 2019, net na middag, was die polisie besig met roetine-patrollies toe hulle twee mans met ‘n sak sien wat agterdog wek. Die mans was te voet en het ‘n plaaslike skrootmetaalhandelaar genader toe die polisie hulle gestop en deursoek het. Die polisie het die duo gearresteer met 8,3 kg koperdraad, sowat R5 000 werd, in hulle besit. Die mans, onderskeidelik 25 en 29 jaar oud, moet binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort.



