Lyk van baba in motor gevind

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Naddoodse ondersoek na die liggaam van ’n een jaar oue babaseuntjie oor die naweek in ’n motor in Electro Park gevind is, het bevestig die kind is aan natuurlike oorsake dood.

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, sê  die seuntjie was na bewering op sy ma se rug, toe sy en haar kêrel in die motor gaan sit en gesels het. “Hulle het die seuntjie op die agtersitplek van die motor gesit en het gedrink terwyl hulle in die motor was. Hulle het vermoedelik aan die slaap geraak in die motor en toe die ma later opstaan om badkamer toe te gaan in die huis, het sy gesien die seuntjie haal nie meer asem nie.”

“Die seuntjie se biologiese pa het bevestig die seuntjie het ’n tipe aanval gekry wanneer hy baie gehuil het.”

Na bewering het die ma en haar kêrel nie die babaseuntjie hoor huil nie, waarna hy toe ’n aanval gekry het en oorlede is.