Verkragter van 67-jarige gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

ROODEPAN. – Die SAPD verwelkom die verkragtingsvonnis wat op 20 Junie 2019 aan ‘n 51-jarige man in die Galeshewe-landdroshof opgelê is. Kagisho Tsamaisi is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ‘n 67-jarige vrou.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die verkragting het op 18 Junie 2017 omstreeks 03:00 plaasgevind. “Die slagoffer het in haar huis in Roodepan, Kimberley, geslaap toe die beskuldigde haar op die bed vasdruk en haar verkrag. Die slagoffer het beserings tydens die voorval opgedoen en is na die hospitaal geneem.

Die verdagte is drie dae later in hegtenis geneem nadat die polisie inligting opgevolg het.

Brig. Nicky Mills het die ondersoekbeampte Ntsokolo Reginald Zephe geprys vir die briljante werk wat hy gedoen het. “Dit is met trots dat ons sien hoe hard ons polisielede werk om misdadigers van ons strate te verwyder.”

Foto: A.o. Ntsokolo Reginald Zephe