Charl Graaff, wat in 2012 vir die diefstal van elektriese hekmotors in hegtenis geneem is, se saak is vandag in die landdroshof hier geskrap.
Graaff is in Maart vanjaar weer vir diefstal in hegtenis geneem, asook vir die oortreding van ’n beskermingsbevel.
Graaff het glo koperpype ter waarde van ongeveer R2000 gesteel. Die saak is egter vier keer uitgestel en is vandag deur landdros Celeste Nameka van die rol geskrap.
Graaff was tot en met 2 Mei vanjaar in aanhouding, waarna hy met ‘n waarskuwing vrygelaat is.
Philemon Mathiva het aangekla.




