Baba in swartsak – saak uitgestel

Deel hierdie storie / Share this story

HONDEKLIPBAAI. – Die ma wat na bewering haar pasgebore babadogtertjie in ‘n swartsak weggegooi het, het vandag weer hier in die hof verskyn.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ‘n saak van moord nadat die lyk van die pasgebore babatjie in ‘n swart sak by die Hondeklipbaai-stortingsterrein in September 2018 gekry is. “Hulle ondersoek ook ’n saak van die verberging van die swangerskap.”

Die babadogtertjie het ernstige kopbeserings gehad en was reeds oorlede toe sy deur plakkers ontdek is. Die polisie het inligting opgevolg en Chirelda Lombard (32), wat na bewering die ma van die baba is, op 22 Oktober 2018 in hegtenis geneem.

Die saak is uitgestel tot 12 Augustus 2019 vir verdere ondersoek en is geskuif na die Sprinkbok-streekshof.