Vandag is wêreld-martinidag en jy kan dit vier deur hierdie heerlike sjokolademartini te maak.
Benodigdhede:
- 4 Oreo-koekies, fyngedruk
- ¼ koppie vodka
- ¼ koppie sjokoladelikeur
- ¼ Amarula
- ½ koppie volroommelk
- ½ koppie room
- 1 koppie ys
- sjokoladesous of gesmelte sjokolade
Metode:
- Sit die fyngedrukte Oreo-koekies in ‘n bord. Maak die martiniglas se rand effens nat. Rol die rand van die glas in die fyngedrukte Oreo-koekies. Plaas dan die glase in die vrieskas.
- Kombineer alle bestanddele in ‘n skemerkelkie en skud tot koud.
- Bedien in die geysde glase.



