Nee vir gewapende onderwysers, sê departement

Deel hierdie storie / Share this story

Die departement van basiese onderwys het ’n voorstel van ’n unie dat onderwysers toegelaat word om wapens op skoolgronde te dra van die hand gewys.

Hope Mokgatlhe, ’n woordvoerder by die departement, sê: “Die versoek is onverantwoordelik, roekeloos en gevaarlik, omrede dit ’n toename in geweld kan veroorsaak. Geweld is reeds ’n groot probleem wat onderwysers, studente en die gemeenskap teister.”

“Die unie wat hierdie versoek rig, word nie met die onderwyssektor geassosieer nie,” verduidelik Mokgatlhe.

Voorts sê sy: “Die departement is ernstig bekommerd oor die toename in geweld waar leerders en onderwyser betrokke is, veral waar dit naby skoolgronde plaasvind. In die meeste van die gevalle wat waargeneem is, is dit ’n onopgeloste probleem wat tot geweld gelei het. Die meeste van die gevalle vind buite die skool se gronde plaas.”

“Ons sien ook ’n toename van leerders wat by bende-aktiwiteite en geweld betrokke word, wat tot lewensverlies lei. Hierdie vorms van geweld insluitend boeliegedrag, word streng deur die departement veroordeel.”

Die departement volg die volgende maatreëls:

  1. Ooreenkoms van die Suid-Afrikaanse polisiediens:
    • 18 000 skole regoor die land is met hulle naaste polisiekantoor verbind. Die polisie besoek die skole op ’n gereelde basis om die leerders oor die gevare van misdaad te leer.
    • Die polisie deursoek ook gereeld die skole en lê beslag op enige dwelms en wapens.
  2. Leerders ontvang onderrig in lewensoriëntering, oor die belangrikheid van selfdissipline, verantwoordelikheid en respek.
  3. Die departement van sport, kuns en kultuur en die basiese onderwysdepartement werk saam om 2 500 skole van sporttoerusting te voorsien. Dit vorm deel van ’n intervensie om die leerders besig en uit die kattekwaad te hou