Griekwas o/12 en o/13 rugby
“Laerskool Staats is baie trots op al ons Griekwa-rugbyspelers. Na ‘n lekker harde en suksesvolle seisoen spog ons met vyf Griekwa-spelers,” sê die skool.

Voor (l.n.r): Ethan Manus (o/13B); Keolopile Paulus (o/12B)
Noord-Kaap-pluimbalspelers
“Ons is ook baie trots op ons pluimbalspelers wat gekies is vir die Noord-Kaap-spanne. Hulle sal in die Junie/Julie-vakansie ons provinsie gaan verteenwoordig.”

Voor (l.n.r): Hendré Weideman (o/13B); Lourens Scheffer (o/13A)
Noord-Kaap-hokkiespelers
“Dan is ons ook baie bevoorreg om uitmuntende seuns- en dogters-hokkiespelers te hê. Ons het dus tien provinsiale hokkiespelers wat gekies is om ons provinsie te verteenwoordig.”

Voor (l.n.r): UnathiDaka (o/13B); Juan Martin (o/12A); Ethan Manus (o/13A)

Voor (l.n.r): Nelisé Hatting (o/13B); Imke Potgieter (o/13A)



