Roelof du Toit (40), wat vir die besit, vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie aangekla word, moet vandag gevonnis word.
Du Toit het weer uitstel gevra, maar die landdros sê hy het genoeg uitstel gehad. Hy en sy regsverteenwoordiger moet vergader en sy sal later uitspraak lewer.
Du Toit is in Januarie 2014 in hegtenis geneem nadat ‘n Amerikaanse polisie-agent hom as ‘n 15-jarige kind voorgedoen het. Hy het met hom oor e-pos begin praat. Du Toit het glo destyds saam met ‘n 12-jarige kind in Kimberley in New Park gebly. Foto’s van dié kind is glo oor e-pos deur Du Toit versprei. Hy is oorspronklik op twee klagte van kinderverkragting aangekeer.
In 2016 is die saak van die rol geskrap, omdat die staat nie voorbereid was nie. Die saak is weer deur die nasionale vervolgingsgesag (NPA) aanhandig gemaak.
Adv. Ronewa Makhaga, van die NPG, kla aan. FiND iT wag om te hoor of Du Toit wel vandag gevonnis gaan word.



