Kinderpornografie-saak weereens uitgestel

Deel hierdie storie / Share this story

Roelof du Toit (40), wat vir die besit, vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie aangekla word, het vandag in die landdroshof op Barkly-Wes sy pleit van skuld teruggetrek.

Du Toit se regsadviseur, Tabitha Rhadebe, het in die hof gesê; “My client advised me to withdraw the plea of quilty.”

Landdros M. Qomoyi wou die rede vir die onttrekking van skuld weet, aangesien hy reeds skuldig bevind is. Adv. Ronew Makhaga het gesê dat Du Toit ‘n aanvaarbare rede sal moet gee.

Die saak is weereens uitgestel na 26 Junie 2019 vir die hofbeslissing.