SAPS en gemeenskapslede bring hulde aan vermoorde meisie

Deel hierdie storie / Share this story

Die provinsiale adjunk-kommissaris vir sigbare polisiëring in die Noord-Kaap, maj.-genl. Mnguni, vergesel van die voorsitter van die Noord-Kaapse Provinsiale Gemeenskapspolisieraad, mnr. Homan, en die PRO, mnr. Tafel, het vandag die gedenkdiens van die 16-jarige Yolandrè Toli, wie se halfnaakte lyk op 6 Junie 2019 op Douglas in ‘n oop veld ontdek is, bygewoon. ‘n 28-jarige manlike verdagte is gearresteer in verband met die gruwelike moord.

Teenwoordig by die diens wat plaasgevind het by die Hoërskool Weslaan in Breipaal, Douglas, waar Yolandrè ‘n leerder was, was die uitvoerende burgemeester, mnr. McKlay, GPF-lede van die Pixely Ka-Seme-cluster, GPFstrukture van Hopetown en Douglas. Douglas SAPS, vroue teen misdaad, jeug teen misdaad en provinsiale korporatiewe kommunikasie.

Onderwysers en leerders van verskeie primêre en hoërskole op Douglas het ook die roudiens bygewoon. Die skoolsaal was met gemeenskapslede en verteenwoordigers van verskeie staatsdepartemente gevul. Talle onderwysers het boodskappe van ondersteuning gelewer om die familie en vriende van Yolandrè te troos.

Tydens sy toespraak het die PRO, mnr. Tafel, ‘n beroep gedoen op die jeugdiges van Douglas om by die jeugmisdaad-struktuur aan te sluit om met misdaadbestryding te help. Mnr. Homan het ook die familie en gemeenskap toegespreek en die gehoor ingelig oor wat vennootskapspolisiëring behels en wat die rol van die gemeenskap in hierdie vennootskap is.