’n Man is vroegmiddag oorkant binnelandse sake in Kimberley geskiet, nadat hy na bewering ’n selfoon wou steel.
’n Omstander het aan FiND iT vertel die persoon wat geskiet is, het na bewering ’n selfoon gesteel en weggehardloop. “Die man met die pistool het ’n waarskuwingskoot afgevuur, maar die dief het aanhou hardloop. Dis toe dat die man hom in die rug geskiet het.” Die man het voor ’n taverne neergeval.
Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, het bevestig dat ’n man geskiet is en hospitaal toe geneem is.
Owerhede is steeds op die toneel. FiND iT hou jou op hoogte.







