Jacques de Coning (52), die bekende Afrikaans-sanger, het Sondagoggend omstreeks 10:30 tussen Alexandria en Boesmansrivier in die Oos-Kaap, verongeluk. Luidens Maroela Media het De Coning in 2014 sy 24-jarige seun aan die dood afgestaan, nie ver van waar hyself gister verongeluk het nie.
Na bewering was Jacques in ’n kop-aan-kop botsing betrokke, waarin hy toe oorlede is. Jacques was die enigste insittende in die motor.
Jacques het vyf albums gehad en was veral bekend vir sy liedjies Kom dans met my, Girl van die Klein-Karoo en Hoe sien jy my?





