Ken jy die 20 prettige feite oor skoonheidsprodukte?

Deel hierdie storie / Share this story

Grimering, makeup of cosmetics het ’n Egiptiese oorsprong. Egiptiese mans en vroue het sedert 5000 jaar gelede grimering vir medisinale en kosmetiese redes gebruik.

Hier volg 20 prettige feite oor grimering:

  1. Die woord ‘cosmetic’ het ’n Griekse oorsprong. Dit is afkomstig van die woord ‘kosmos’ wat versier beteken. Die populêre tydskrif Cosmopolitan se naam is ook van die woord afkomstig.
  2. Grimering was ’n kritiese aspek van die higiëne en gesondheid van antieke Egipte. Egiptenare het pille en room gebruik om hulle velle teen droogte, wind en son te beskerm. Hulle het ook natuurlike olies vir parfuum gebruik
  3. Kosmetiese chirurgie is groot besigheid in Amerika. Die industrie beloop $20 biljoen per jaar en groei steeds. Die industrie het met 220% sedert 1997 gegroei.
  4. Skoonheidshuise spandeer 25% van hulle verkope op bemarking, terwyl slegs 3% op navorsing spandeer word.
  5. Die globale skoonheidsindustrie sluit in grimering ($18 biljoen), parfuum ($15 biljoen), haarsorg ($38 biljoen), en velsorg ($24 biljoen).
  6. Amerikaners spandeer elke jaar meer aan skoonheid as aan onderrig.
  7. Die globale skoonheidsindustrie groei teen 7% per jaar. Dit is twee keer meer as die BBP-koers van ontwikkelde lande.
  8. Die eerste lipstiffie het ongeveer 4000 jaar gelede in Mesopotamië verskyn. Dit was van fyngemaakte edelstene vervaardig.
  9. Die eerste patent vir naelpolitoer het in 1919 op winkelrakke verskyn. Dit was vaalpienk van kleur.
  10. Sintetiese haarkleur is in 1907 deur L’Oreal Eugène Schueller ontwerp.
  11. Ongeveer 1300 giftige bestanddele is verbode om in skoonheidsprodukte te gebruik. In die VSA is slegs 11 verbode.
  12. In die Romeinse tydperk het mans ook lipstiffie gedra om hulle sosiale status te toon.
  13. ’n Studie wat in 1991 gedoen is, het getoon dat 30% van vroue in die politiek wat ’n Hollywood-grimeerkunstenaar aanstel, se kanse verbeter om ’n verkiesing te wen.
  14. Gemiddeld gebruik vroue daagliks verskeie skoonheidsprodukte wat ongeveer 168 bestanddele bevat, terwyl mans gemiddeld ses produkte met 85 bestanddele gebruik.
  15. Die eerste aanrol-deodorant is in 1952 ontwerp.
  16. Die eerste haarsproei is in 1960 deur L’Oreal op die mark gebring.
  17. Die Asteke (Aztecs) het gedroogte cochinille (kewers) gebruik om hulle oë en lippe rooi te kleur.
  18. Die antieke Romeine het hulle hare swart gekleur deur bloedsuiers in asyn te laat gis.
  19. Naelpolitoer is ongeveer 3000 jaar voor Christus in China gemaak. Dit was oorspronklik met eierwit, byewas, gekleurde poeier en gum Arabic gemaak.
  20. In antieke Griekeland het vroue hulle hare met ’n plantekstrak of arseen ligter gemaak.