Gemeenstapslede het vanoggend saamgekom by die ontstellende tonneel waar die liggaam van die vermiste Yolandre Tolli (16) gevind is.
Liggaam gevind
Tolli se liggaam is deur gemeenskapslede in ’n veld in Breipaal, Douglas, 150m van haar huis af gevind. Sy het Saterdagaand (2 Junie) vermis geraak nadat sy laaste by ‘n plaaslike taverne gesien was. Haar liggaam was versteek onder ‘n dun matras en takke. Dit is net haar een voet wat uitgesteek het. Sy het nog haar tekkies aan gehad.
Ma emosioneel
Lisa Tolli, Yolandre se ma, was so emosioneel dat sy dit moeilik gevind het om vrae te beantwoord, maar het wel bevestig dat haar dogter nie die tipe meisie was wat uitgegaan het of weg van die huis af gebly het nie.
Vlak graf
Gemeenskapslede het tydens hulle soektog op ‘n vlak graf met bloed afgekom, maar daar is aan hulle gesê dat dit vermoedelik kudu- of donkie-bloed was.
In hegtenis geneem
Twee verdagtes is vanoggend in hegtenis nadat dit aan die lig gekom het dat daar vermoedelik klere en bloed in hulle woning gekry is.
Mnr. GJ Van Staden, skoolhoof van Hoërskool Weslaan, het aan FiND iT gesê dit is ‘n groot skok en teleurstelling vir die skool is. “Dit is soos om ‘n familielid te verloor.” Hy het ook bevestig dat Tolli ’n goeie student was en onlangs een van die top 10 leerlinge in haar graad was. “Uit ’n groep van 220 leerlinge, is dit ’n groot prestasie. Hy wil ook namens die skool medelye oordra aan die familie.”
Deshi Ngxanga, woordvoerder van die ANC in die provinsie, het hulle medelye met die familie gedeel. “Die ANC in die Noord-Kaap het met ’n groot gevoel van hartseer gehoor van die 16-jarige Yolandre Tolli wat vanoggend in ‘n veld in Breipaal gevind is. “Die ontdekking van Yolandre se liggaam kom as ’n groot terugslag na die werk wat deur die ANC-regering gedoen word om te verseker dat diegene wat kwesbaar is in ons gemeenskappe beskerm word. Die verwoesting van ‘n jong lewe, veral gedurende kinderbeskermingsweek, moet geensins geduld word nie. Die ANC doen daarom ’n beroep op alle wetstoepassingsagentskappe om vinnig te verseker dat diegene wat hierdie onheilspellende daad gepleeg het onmiddellik in hegtenis geneem is.” Ons glo sterk dat ons deur die hulp van lede van die gemeenskap ons kan verseker dat hulle in hegtenis geneem word. Ons doen ’n beroep op die gemeenskap om saam met die polisie te werk. Ons stuur ons hartlike en diepste meegevoel aan die familie en vriende van Yolandre. Die verlies van haar lewe het nie net haar familie en die gemeenskap van ‘n dogter beroof nie, maar het die provinsie van ’n jong lewe, so vol belofte, beroof. Ons pleit met die gemeenskap om die gesin in hulle gebede te plaas gedurende hierdie tyd.”
Lt. kol. Dikamatso Mooi, polisiewoordvoerder, het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om na vore te kom met inligting oor die voorval. Kontak sers. Jacobus April by 082 301 9978.
Kyk die video hier onder waar FiND iT ‘n onderhoud voer met ‘n inwoner.













