Wêreldhongerdag Fun Run / Walk @ Tafel Lager Park

Deel hierdie storie / Share this story

Kimberley Harriers in samewerking met Meals on Wheels bied môre 28 Mei 2019 ’n 4 km pretloop aan om donasies in te samel vir hulle food drive. Almal is welkom om die geleentheid by te woon en die aand saam met vriende en familie te geniet. Die inskrywingsfooi is so maklik soos ’n blikkie kos.

Program

Datum: Dinsdag 28 Mei 2019
Tyd: 17:00
Plek: Tafel Lager Park
Kleredrag: Rooi of blou
Inskrywingsfooi: Enige kontantskenkings of voedselitems
NB. Bring asseblief ‘n flitslig / koplamp saam
“Almal is welkom! Help ons asseblief om bewustheid te verhoog en donasies vir ons food drive in te samel,” sê Jackie.

Feite

Hier is ‘n paar feite wat Meals on Wheels wil oordra:

• 1 uit 4 mense in Suid-Afrika gaan honger bed toe
• 60% van die wêreld se hongersnood is onder vroue
• Honger veroorsaak meer sterftes as VIGS, Malaria, en TB saam