Die PGC Engen-vulstasie en gerieflikheidssentrum maak Maandag oop

Michael Hawthorne

Die PGC Engen-vulstasie en gerieflikheidssentrum, op die hoek van Oliver- en Ashestraat in Klisserville, maak Maandag hulle deure oop.

Die ontwikkelaar van die Piek Group of Companies se hoof-uitvoerende bestuurder, Philip Piek, het FiND iT op ’n toer van die fasiliteite geneem.

Daar is nie net ‘n Steers by hierdie Engen-vulstasie nie. Die PGC-gerieflikheidssentrum het ‘n Kauai vir die gesondheidsliefhebbers en ‘n Get Together met genoeg sitplek en WiFi vir die korporatiewe koffiedrinkers. Daar is ook ‘n speelterrein vir die kinders. Hulle het ‘n deli wat vleis, vrugte, groente en jou algemene suiwel produkte verskaf.

Piek Snr. sê hy besit 13 vulstasies regoor Suid-Afrika, van die Paarl in die Wes-Kaap tot in Bloemfontein in die Vrystaat. Voorts sê hy sy seun Philip Piek Jnr., ’n siviele ingenieur wat by die sentrum se konstruksie betrokke is, sal die vulstasie in Kimberley bestuur.

Maak seker jy besoek volgende week dié vulstasie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *