Borgtogaansoek uitgestel vir man wat meisie en baba verbrand het

‘n 35-jarige man van Windsorton word beskuldig van die moord op sy 19-jarige meisie, Martha Mokgele, en hulle tien maande oue babaseuntjie, Neo Mokgele. Na bewering het hy hulle liggame verbrand.

Volgens Mokgele se ouer suster wou sy die verhouding verbreek, omdat dit ’n baie vernielende (abusive) verhouding was. Sy het na die verdagte se huis gegaan en nie weer teruggekom nie. Hulle verbrande liggame is Sondag 12 Mei 2019 in ’n nabygeleë veld deur ’n verbyganger gekry. Na bewering is Mokgele se liggaam te verbrand om geïdentifiseer te word, maar Neo is net op sy voorkop, hande en arms gebrand.

Phaladi Shuping van die nasionale vervolgingsgesag bevestig dat die hof sy borgtogaansoek, wat deur die staat teengestaan is, gehoor het. Die saak is uitgestel tot 30 Mei 2019 vir beslissing oor die borgtogaansoek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *