Polisie lê beslag op vuurwapens

HARTSWATER. – Die polisie hier het op twee ongelisensieerde vuurwapens beslag gelê.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê lede van die Hartswater K9-eenheid, misdaadvoorkoming en sigbare polisiëring het op twee vuurwapens beslag gelê.

“Die polisie het ‘n 29-jarige man in hegtenis geneem. Die man is ‘n snoepwinkel-eienaar op Hartswater. Die vuurwapens is in sy vragmotor gekry.”

Die verdagte sal binnekort in die landdroshof op Hartswater verskyn.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *