Vermiste persoon

Weziwe Nambani (47) is al sedert Vrydag 3 Mei 2019 vermis.

Laaste gesien by die mall

Haar suster, Victoria Makoloi, het regoor Kimberley pamflette opgesit op soek na haar suster. “’n Vriendin van Weziwa het ’n foto op WhatsApp gelaai wat mense inlig dat my suster vermis is. Een van die vriendin se vriende het haar gekontak en gesê hy het haar Vrydag 3 Mei by die Diamond Pavilion Mall gesien. Dit is hoe ons weet sy is laaste daar gesien en nie weer nie. Sy het ook nie ’n man of ’n kêrel nie en was volgens die persoon alleen by die mall.”

Volgens Victoria het haar suster dreadlocks en het ’n sweetpakbroek en ’n swart langmouhemp aangehad toe sy laas gesien is.

Sy is nie so nie

“Dit is nie soos my suster om net weg te bly van die huis af nie. Sy het nog nooit nie huis toe gekom nie,” sê Weziwe se emosionele suster. “Sy het een kind wat nou 20 is. Hy bly tans by my dogter in Ubuntu tot sy ma terugkeer huis toe.”

Die plakkaat wat versprei word, lees: “Vermiste persoon. Help ons asseblief om haar te vind. Vir enige inligting wat ons kan help om haar te vind, kontak asseblief die volgende nommers 0761820021/0710582615.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: