Die Konsentrasiekamp-begraafplaas in Blackstraat wat opgerig is vir mense wat in die konsenstrasiekamp te Kimberley gesterf het, is met rommel bemors.
Sello Matsie, woordvoerder vir die munisipaliteit, sê: “Rommelstrooiery is ’n groot probleem in Kimberley. Ons kyk daarna om verbetering by die monument te bring.”
Voorts veroordeel hy die rommelstrooiery deur morsjorse ten sterkste.




