Aborsie onwettig verklaar

Alabama het onlangs ‘n wet uitgevaardig teen die abortering van ongebore babas in die meeste gevalle, tensy die swanger persoon se lewe in gevaar is.

Georgia, Ohio en ‘n lys van ander state het ook sogenaamde “heartbeat”-wette, wat aborsie verbied sodra ‘n hartklop opgespoor kan word – so vroeg soos ses weke in die swangerskap.

Glanspersone soos Rihanna, Cara Delevinge, Emma Watson, Sophie Turner, Gigi Hadid, Kylie Jenner, Reese Witherspoon, Miley Cyrus en Lady Gaga het almal hul opinie oor die wet gelug en noem dit “war on women”. Die meerderheid van glanspersone in die kollig voel dat daar nie besluite namens vroue oor hulle eie liggame gemaak kan word nie. Sommiges het so ver gegaan deur hulle eie aborsiestorie bekend te maak, in die hoop dat dit dinge sal verander.

Hoe voel jy as leser oor aborsie? Hoe dink jy sal dit die situasie in Suid-Afrika verander indien so ‘n wet hier sou geld? Stuur ‘n e-pos na [email protected]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: