Man vir bedrog met wild in aanhouding

Foto: Facebook (Michael Cockburn)

Michael Cockburn, ‘n wildsjagter van Kimberley, verskyn môre in die landdroshof op Aberdeen vir bedrog.

Cockburn is Maandagaand in Kimberley in hegtenis geneem. Die klagtes hou na bewering verband met bedrog met wild wat in die Aberdeen-area plaasgevind het.

Ao. Naudé Fryzenburg, van Aberdeen-polisie, sê Cockburn is in aanhouding op Aberdeen. “Ons het hom op Kimberley gaan haal. Hy verskyn môre hier in die hof.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: