Skoolveiligheidsprogram in John Taolo Gaetswe-groep

Die Suid-Afrikaanse polisiediens se skoolveiligheidsprogram is op 20 Mei 2019 in Van Zylsrus deur die JTG-groep by die intermediêre skool gehou.

Die program is een van die konsolidasiemaatreëls om kinders op te voed en in te lig oor veiligheid en om te verseker dat hulle toegerus is met goeie kennis en inligting rakende onwettige aktiwiteite.

In samewerking met die jeugdeskundige, departement van onderwys en Hawks het al die sprekers oor verskeie sosiale kwessies, veral geweld in skole, boelies, alkoholgebruik deur minderjariges en dwelms gepraat. Die leerders is ook ingelig oor mensehandel (human trafficking) en hoe om te voorkom dat hulle ‘n slagoffer is.

Verder is hulle aangemoedig om op skool te bly en goeie punte te behaal om hulle studies op tersiêre vlak te bevorder. Die leerders is ook deur die polisie-orkes met ‘n briljante optrede vermaak.

Foto’s: Verskaf

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *