Geen perke aan Charissa se talente nie

Charissa Swanepoel (18) ‘n matriek leering aan die Hoërskool Noord-Kaap, is onlangs gekies vir die SA-skole netbal span.  “Ek speel nie net netbal nie, ek leef dit.”

Die proewe

Charissa vertel dit was ‘n groot verassing toe sy vir die top 35 proewe gekies was, maar nadat sy die finale proewe behaal het, het sy net haar hart uitgespeel. “Ek het geen verwagtinge gehad nie. My grootste doel was om dit net te geniet.”

Charissa het dit glad nie verwag om vir die SA-netbalspan gekies te word nie. “Dit was vir my baie onwerklik. Ons het na die proewe terug gery huis toe. Ek het ‘n rukkie in die kar geslaap. Toe ek wakker word, vra my boetie of ek regtig in die span is? Was dit dan net ‘n droom? Ek was ongelooflik trots en nederig. Maar meeste van alles, was ek dankbaar.”

Eerste netbalspan kaptein

Charissa se talente strek verder as net netbal. Sy het ook uitstekende leierseienskappe.

Die veelsydige netbalseper wat AV en HD kan speel is ook die eerste netbalspan kaptein wat daarin glo om te alle tye ‘n positiewe beeld en gesindheid uit te straal. “Dis belangrik om ‘n liefde vir die spel en ‘n liefde vir God te hê. As kaptein moet ek ook ‘n voorbeeld stel en dus is goeie sportmanskap en respek teenoor my opponent belangrik.”

“En natuurlik om altyd seker te maak ons span het iewers musiek om ‘n bietjie te dans,” voeg sy by.

Hoofdogter

Charissa is ook vanjaar die hoofdogter van Hoërskool Noord-Kaap.

Alhoewel sy skaars grond vat glo sy  Jesus sal nooit iets oor ‘n mens se pad sal stuur as Hy nie weet dat jy dit nie sal kan hanteer nie. “Ek vat elke dag, elke prioriteit bietjie vir bietjie en dit het my ook geleer om te prioritiseer. Om ‘n positiewe gesindheid oor alles te hê, verminder ook baie stres en laat my toe om alles af te handel, maar my krag is net van God.”

As leier van die skool en leier op die sportveld is eienskappe soos geloof,  positiwiteit, passie, verantwoordelikheid, toewyding en geduld vir haar baie belangrik.

Niks sonder my ouers

Charissa vertel dit is moeilik om die groot rol wat haar ouers in haar lewe speel, in woorde om te sit. “Niks was nog ooit vir hulle te veel nie. Hulle maak alles vir my moontlik en ek dink nie ek kan ooit genoeg dankie se vir hulle nie. Want, wie en wat ek is, is te danke aan hulle. Ek kan nie my lewe indink sonder hulle nie.”

Toekoms planne

Charissa wil graag volgende jaar drama by die Universiteit van die Vrystaat gaan studeer, en nog steeds aanhou netbal speel. Haar grootste droom is om eendag vir haar land by die Wêreldbeker toernooi te verteenwoordig. “Netbal is my passie. Ek neem dit ernstig op.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: