Bakkie ry lamppaal uit

‘n Wit Ford Ranger-bakkie wou na bewering vir ‘n hond uitswaai toe hy in ‘n lamppaal vasgery het. Die ongeluk het ongeveer 01:00 Donderdagoggend in Dalhamweg gebeur.

Ryno le Grange (29), bestuurder van die bakkie, vertel hy was op pad om lugtyd te gaan koop toe die ongeluk gebeur het.  “My kind is al vir die afgelope ses weke siek. Ek wou die dokter bel om ‘n afspraak vir vandag te maak.”

Ryno en vier van sy vriende het die aand in Kimberley oorgebly. Hulle is oorspronklik van Aggenys.

Niemand is in die ongeluk beseer nie.

Die polisie is eers vanoggend in kennis gestel van die ongeluk.



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *