Die Tafel Lager Griekwa is vir die afgelope vier weke al onoorwonne. En 18 Mei pak hulle die Blou Bulle te Tafel Lager Park in Kimberley. Gaan hulle dit 5 uit 5 maak?
Daar behoort ‘n feestelike atmosfeer voor en tydens die wedstryde te wees.
Die hekke open om 12:00 wanneer die Magte vs. Sishen 2 mekaar op die B-veld en die Vleissentraal KRC vs. Hartswater op die A-veld, mekaar die stryd gaan aansê.
Die hoofwedstryd sal om 14:30 begin waarna Vleissentraal en Sishen die dag om 16:00 sal afsluit.
Daar sal oudergewoonte ‘n boom-braai op die oop pawiljoen wees.
Jy wil dit nie mis nie!





