Helping Hand reik uit na outehuis

Helping Hand care drop in centre, is ‘n nie-regeringsorganisasie wat afhanklik is van donasies.

Die werkers van Helping Hand – Hansie Schoeman, Ina Wessels, Julene Bekker en Engela Boshoff – het vandag vir 36 bejaarde dames en sewe bejaarde mans Moedersdag gehou. Daar is ‘n ete vir hulle voorgesit en geskenkies is uitgedeel.

Hulle het vroeër vanjaar, in Februarie, vir Valentynsdag dieselfde gedoen.

Helping Hand bied hulp aan ouetehuise, skole en hospitale. Hulle samel ook doeke, babaklere en toiletware in vir dié wat dit nodig het.

Helping Hand wil graag vir Hennie Kotze bedank vir die bedrae en donasies, wat dit moontlik gemaak het dat hulle die minderbevoorregtes kan help.

Indien jy graag ‘n bydrae wil maak, kontak vir Engela: 0724029061 of Julene: 0652814128.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *