Vertel vir ons jou spookstorie

Kontak tania@find-it.co.za om jou spookstorie te vertel.

1 thought on “Vertel vir ons jou spookstorie

  1. 1) my ouers se vriende het jare terug in Hunt str nr 13 gebly. Altyd vir ons gese hulle sien gereeld iemand met engelse army boots aan en dan loop die boots weer uit. Een sondag middag het ons daar gaan kuier en ek het gevra of ek n bietjie orrel kan speel. Hulle orrel was in die voorste sitkamer. Hulle het ingestem en my ma hul het in die ander sitkamer gaan sit. So speel ek en ek voel iemand kyk vir my, ek het omgedraai en gekyk maar daar was niemand. Begin toe weer speel en voel die persoon is nader, draai toe om en daar is nog steeds niemand. Toe ek weer speel voel ek iemand vat aan my skouer en gee my n drukkie. Ek het net daar opgepak en uitgeloop na my ouers toe. My Ma hul vra my wat gaan aan, ek is wit in die gesig, ek antwoord toe nee ek het klaar gespeel. My Pa het daardie jare nog n Foed Cortina Bakkie gery. Toe ons inklim se my Ma, vertel die waarheid en ek moes toe vertel. Die liedjie was My Meisiekind van Juanita Claasen.

    2) by my vorige werk het ons een aand laad gewerk aan jaar verslae wat moes klaar wees. Die aand se my Area bestuurder hy gaan gou kos koop. Ps ons kantoor was op die 2de verdieping. Net toe hy die buite deur sluit, hoor ek voetstappe direk na my toe kom en iemand staan agter my regter skouer. My nekhare en arme hare het gerys gestaan. Toe ek hoor my baas sluit oop, vee iets oor my arm en ek hoor die voetstappe wegloop. Hy kom by die kantoor en vra wat gaan aan. Ek vra toe hoekom. Hy se met die opkom van die trappe toe voel hy hoe iemand oor sy arm vee.

    3) ek het iemand in my ouers se huis gehad wat my beskerm het deur n rowwe tyd. Toe ek op n laagte punt was voel ek hoe kom sit die iets langs my op my bed en strel my rug.

    4) my man het my die Rudd house gaan wys. Toe ons ry vra hy my wat dink ek daarvan. Ek het gewys ek sal later praat. Toe ons so 2 blokke weg is se ek vir hom toe ons by die hek stop het dit gevoel of iemand my bors vasdruk, ek kon nie asem kry nie. 2 blokke verder het daai drukking eers verdwyn

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: