NOORD-KAAP. – ‘n Ma (18) en haar nege-maande-oue baba is dood verbrand in die veld naby Windsorton gekry.
Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê ‘n 35-jarige man is vir moord op die ma en die baba in hegtenis geneem.
“Die oorskot van die ma en die baba is Sondag, 12 Mei, 2019, in die veld deur ‘n verbyganger gekry. Die polisie het ondersoek ingestel en die man is in hegtenis geneem. Hy is na wat verneem word die pa van die kind en die kêrel van die oorledene.”
Die ma en baba is vir die laaste keer Saterdag, ongeveer 19:00, gesien.


